X

3 Bedroom House For Sale in Jan Kempdorp

R1,549,000


Monthly Bond Repayment R16,786.62
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No RL22786

Well built, well maintained ! Lovely and spacious 3 bedroom home for sale in Jan Kemp

Die lieflike lae onderhoud woning is in 'n puik kondisie en 'n lus vir die oog.

Die tuin is gevestig en die grasperk lieflik groen na die eerste reens.
'n Boorgat en besproeiing maak tuinmaak maklik en is daar ook 'n Jojo tenk en drukpomp ingesluit by die koop.

Die huis is ten volle omhein en is daar ook 'n alarmstelsel wat oorgeneem kan word (Shaka sekuriteit)

Die huis het 'n dubbel motorhuis met toegang direk in die huis by die kombuis.
Twee toegangshekke (tweede by kombuis met 'n netjiese afdak)

'n Klein swembad bied welkome lafenis vir die warm Noord Kaapse somers.

Kom ons stap deur die huis. By die voordeur is 'n veilige stoep sodat die voordeur oopgelaat kan word.
Die huis het ruim leefareas (drie). 'n Tv Kamer asook eetkamer by die kombuis en 'n klein kantoorarea.

Daar is ook uit die leefareas 'n veilige stoeparea waar daar gebraai kan word terwyl die kinders in die swembad baljaar.

Die kombuis is oopplan met die leefareas en het netjiese ingeboude kaste en oondhoogte oond . (let wel die gasstoof is nie deel van die koop nie). Aangrensend tot die kombuis is die opwas met genoeg plek vir skottelgoedwasser en wasmasjien.

Onder die trappe is daar 'n stoorgedeelte vir daardie los item.
3 lugversorgers (een onder en twee in die kamers)
Op die onderste vlak is 'n gaste toilet en wasbak.

Die trappe lei na bo waar daar twee vol badkamers is (die hoofslaapkamer is en-suite)

Die drie kamers is lieflik ruim met ingeboude kaste en twee kamers het deure na die boonste balkom wat 'n lieflike uitsig het.

Die gang bo by die kamers het oorgenoeg kaste vir linne.

'n Lieflike leefhuis en onthaal huis.

Buite is 'n stoorkamertje en 'n buite toilet.

Moenie die lieflike eiendom mis nie !
Gratis pre kwalifikasies vir finansierings kopers.

Ek wag vir jou oproep

Features

Bedrooms 3
Security Yes
Bathrooms 3
Recep. Rooms 2
Study 1
Garages 2
Land Size 1,259m²
Carports/Parkings 1
Pool Yes
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Mariette Jansen van Rensburg
Kimberley, Jan Kempdorp & Hartswater

Cell 084 400 2508
Office (053) 8328028
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy