X

4 Bedroom House For Sale in Jan Kempdorp

R998,000


Monthly Bond Repayment R10,815.40
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No 5160682

Lae onderhoud 4 slaapkamer woning asook groot afdak en buitegeboue/ Te Koop Jan Kemp - Alleenmandaat

'n Woning geleë stapafstand van skole in Jan Kemp !

Die eerste indrukke van hierdie lae onderhoud huis en buitegeboue is dat dit 'n netjiese opset is en privaatheid gee.
Nie net is die eiendom op 'n groot erf 1318m2 omhein met 'n steenmuur nie maar ook beveilig.
Daar is buiten die 4 slaapkamer huis ook 'n dubbelmotorhuis met afdak en buitegeboue wat in 'n woonstel omskep kan word sou daar so behoefte wees.
Die groot en netjiese afdak en stoorkamer is absoluut ideaal vir die koper wat dalk sy eie besigheid bedryf en werkspasie benodig.
Die huis het twee hekke - een by die motorhuise en een by die afdak.
Konstruksie - steen en sinkdak

Die eiendom bied die volgende :

Dubbelmotorhuis met afdak vir twee voertuie links van die motorhuise
Omhein vir privaatheid en veiligheid
Toegeruste boorgat
Gevestigde tuin/grasperk
Groot afdak met sementvloer - kan selfs toegebou word.
Kuierstoep met braai agter by die kombuis, Die stoep het ook 'n wasbak.
Die kombuis is oopplan met die woonvertrek en het staalkaste - daar is baie moontlikheid vir meer kaste sou 'n koper kaste laat insit.
klein aparte opwas. Heerlike groot oopplan eethoek.

Die woonvertrek is ruim met 'n hoê dak en skuifdeur na die voorstoep
Die gang is geteël met gangkas.
Die badkamer in die gang het ook plek vir die wasmasjien (lg kan buite ook ingerig word by die buitegebou. Bad/wasbak en toilet en kas. Daar is plek vir 'n stort.
Die 1ste kamer in die gang is kleiner en het kaste in. Ook ideaal vir kantoorspasie.
Die tweede kamer is groter met plek vir 'n dubbelbed. Mat
Kamer nr 3 is lekker groot met ingeboude kaste en plek vir 'n dubbelbed
Die 4 de kamer is die hoofslaapkamer wat ruim is met 'n deur na buite. Lugversorger. Daar is nie kaste in nie maar sou die buitedeur hier toegemaak word is daar 'n hoek vir kaste. Die hoofslaapkamer is en-suite met stort/toilet en wasbak.

'n Netjiese stukkie aarde !

Moenie uitmis op hierdie eiendom nie. Skakel my vir 'n gratis pre-kwalifikasie en afspraak.

Features

Bedrooms 4
Bathrooms 2
Recep. Rooms 1
Garages 1
Land Size 1,318m²
Carports/Parkings 1
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Mariette Jansen van Rensburg
Kimberley, Jan Kempdorp & Hartswater

Cell 084 400 2508
Office (053) 8328028
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy