X

4 Bedroom House For Sale in Jan Kempdorp

R1,344,850


Monthly Bond Repayment R14,574.23
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No 4667397

Spacious 4 bedroom home on double erf with Borehole and Outbuildings.

Hierdie lieflike lae onderhoud woning is geleë op twee erwe en is nog 'n vars nuwe huis (eerste eienaar bly nou twee jaar en verhuis).

'n Groot "wow" faktor is die uitermate ruim woonkamer/eetkamer en oopplan kombuis.
'n Lekker leefhuis waar wie ookal kosmaak deel van die kuier in die woonvertrek kan wees.

Die kombuis is voorwaar enige vrou se droom met kaste wat doeksag oopmaak, ingeboude oondhoogte oond en gasstoof. Die kombuis blaaie is ook van hoë gehalte en is daar gerieflike en oorgenoeg kaste . Daar is plek vir wasmasjien en skottelgoedwasser.
Daar is plek vir net mooi alles. Die kombuis loop uit na die buitegeboue op 'n stoep en braai area.

Wat mens hier opval is dat dit behalwe vir die lae onkoste instandhouding ook 'n veilige huis is. Die vensters is almal aluminium met diefwering wat letterlik met "rods" in die mure ingebou is voor alle vensters , nie net oopmaak venster nie .Die deure het ook veligheidshekke en die gang se punt by die woonkamer het ook 'n sterk veiligheidshek.

Stap jy in die gang in is direk op regterkant 'n aparte toilet met handewasbak naby die woonkamer en ook 'n vol badkamer met bad, stort en wasbak.

Die huis het 4 kamers almal met netjiese ingeboude kaste en die groot hoofslaapkamer is en suite met bad,stort, toilet en wasbak.

Die gang gaan enige vrou opgewonde maak met 'n ry ingeboude kaste. Genoeg pakplek verseker.

Die huis is mooi eenvorming geteël.

Nog 'n klompie belangrike en gawe pluspunte :
1. Die huis het LED ligte
2. Baksteen en teëldak
3. Buitetoilet
4. Buitekantoor - ideaal as jy van die huis af werk. Grootte die van 'n motorhuis
5. Houtdek om saans 'n sundowner te drink en liggies te kyk.
6. Daar is 3 watertenks wat deel is van die koop. Twee vir boorgatwater met drukpompies en een wat reënwater opvang.
Daar is 'n konneksie vir dorpswater ook met 'n tenk
7. Die boorgat is 'n groot pluspunt en is sterk en toegerus.
8. Die hele tuin is onder besproeiing met 8 krane
9. Aluminium deure
10.Huisplanne en kombuisplanne is beskikbaar
11.Die omheining is so te sê geëlektrifiseerd , behawe hek . Moet net gekoppel word.
12. Die kabel vir 'n hekmotor is gelê maar daar is nie 'n hekmotor nie.
13. Koopkrag
14. Baie belangrik - die manne gaan hiervan hou. Die hele huis is volledig bedraad vir krag met kragopwekker met oorskakeling skakelaar in die huis.
Maar die kragopwekker (7.5kw) is NIE ingesluti by die koop nie.
15. Die huis is ten volle omhein.
16. Blinders in huis bly vir nuwe eienaar.


'n Dubbel motorhuis, kantoor en werksplek buite maak dit ideaal vir iemand wat sy eie werkswinkel by die huis wil bedryf. Daar is spasie.

Die huis het sy ingang apart van die Valley Estate sin .

Moenie hierdie juweel misloop nie.
Skakel my vandag nog.
Ons reël gratis pre-kwalifikasies vir ons kopers om Bekostigbaarheid en Kredietwaardigheid na te gaan asook bystand met die kry van finansiering by alle bank instansies om appels met appels te vergelyk.

Features

Bedrooms 4
Bathrooms 3
Recep. Rooms 1
Study 1
Garages 3
Land Size 2,831m²
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Mariette Jansen van Rensburg
Kimberley, Jan Kempdorp & Hartswater

Cell 084 400 2508
Office (053) 8328028
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy