X

3 Bedroom House Sold in Jan Kempdorp

R950,000


Monthly Bond Repayment R10,295.22
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No 5044700

Ruim drie slaapkamer woning te koop met groot lapa

Vars op die rak is hierdie 3 slaapkamer woning met 'n groot lapa vir heerlike kuiers saam familie en vriende.

Kom ons stap deur die huis.

Die voorstoepie is toegebou en het 'n veiligheidshek voor die skuifdeur vir veiligheid en is 'n lekker kuierplekkie met 'n uitsig op die pad.
Links gaan jy in by die eintlike voordeur in 'n ruim woonvertrek wat geskei word met konsertina deure van die eetkamer of 2de woonvertrek.
Links van die 2de woonvertrek is 'n klein spasie wat vir kantoorspasie gebruik kan word en ook 'n deur na die dubbel motorhuis het.
Uit hierdie spasie stap jy in 'n werkskamer/waskamer/naaldwerkkamer in met kaste in oorvloed tot dakhoogte. Hier is pype vir die wasmasjien en ook 'n wasbak. Die moontlikheid vir 'n 4de kamer is ook hier.

Regs uit die 2de woonvertrek/eetkamer is die kombuis. Die kombuis het 'n klein eiland en houtkaste wat netjies vertoon. Die kombuis het 'n stoof in asook 'n aparte opwas met dubbelwasbakke en ook kaste.

Uit die kombuis na agter is 'n enorme lapa met kroeg (ingesluit) , ingeboude braai en jacuzzi (werkende toestand). Die lapa is geteël en hier kan lekker gekuier word !

Die gang is geteël en die 3 kamers is almal ruim met ingeboude kaste. 2 Kamers mat en hoofslaapkamer vinyl.
Die hoofslaapkamer het 'n hele muur kaste in en het 'n groot badkamer met bad/wasbak ,toilet en kassie.

Die gang se badkamer is ook ruim en volledig met bad/stort/wasbak en toilet.

Nog bonuspunte :
Sterk toegeruste boorgat met sproeiers (pop-ups) op erf en sypaadjie.
Woonvertrekke het meranti plafonne
Diefwering en veiligheishekke
Songeyser en Elektriese geyser met tydreëllaar
Alarm
Weerligafleiers op DB bord
Koopkrag
Interkom by hek en hekmotor
Ten volle omhein
Dubbel motorhuis met dubbel afdak met toesluitdeure. Die afdak by motorhuise het ook ingeboude braai met kaste.
4 dakwaaiers in die huis


Die erf agter het 'n grasperk. Die lapa gaan uit op agtererf.
Daar is 'n tuinhuisie wat bly en ook 'n buite toilet.

Die huis het 'n teëldak in goeie toestand en die huis is lae onderhoud. Jy kan egter steeds jou stempel afdruk met kleur op die vensterrame en borde en gepleisterde dele.

Die huis is in 'n netjiese straat geleë in 'n buurt waar daar 'n aktiewe buurtwagstelsel en kameras is wat snags gemonitor word.

Huis is stapafstand van die dorp en hospitaal geleë.

Kom loer gerus na die huis
Ons reel gratis pre kwalifikasies

Features

Bedrooms 3
Bathrooms 2
Recep. Rooms 4
Study 1
Garages 1
Land Size 1,130m²
Carports/Parkings 1
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Mariette Jansen van Rensburg
Kimberley, Jan Kempdorp & Hartswater

Cell 084 400 2508
Office (053) 8328028
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy