X

4 Bedroom House Sold in Jan Kempdorp

R1,499,000

9 en 11 Frans Lubbe Jan Kemo

Monthly Bond Repayment R16,244.77
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No 4438952

Ruim 4 slaapkamer huis in regte buurt op dubbelerf !

As spasie vir jou saak maak is hierdie lieflike eiendom 'n moet kyk !

'n Lae onderhoud steen huis met teëldak, 4 slaapkamers en ruim leefvertrekke - is gelee op 'n 2464 m2 grootte erf en sit regs met ander woorde die erf links is heel oop vir verdere ontwikkeling of sommer net vir speelplek vir die kroos, 'n paar neutbome of vrugtebome en dalk 'n swembad !
Hier is twee boorgate op die erf maar net een is in gebruik en toegerus.

Die eiendom is netjies omhein behalwe die huis voor. Stap jy by die mooi voordeur in die portaal in, is daar 'n kantoor of leefvertrek links. Regs uit die portaal loop jy in 'n lieflike woonvertrek in wat tans 'n sit en eetkamer is.
Die woonvertrek is oopplan met die kombuis. Daar is baie kaste en die opwasdeel is apart en uit die oog. By die opwas is daar ook krane vir wasmasjien en skottelgoedwasser asook plek vir tuimeldroër.

Uit die woonvertrek is daar 'n skuifdeur wat uitloop op 'n private kuierhoekie in die voortuin.

Die hele huis is netjies geteël en die kamers het gelamineerde houtvloere in. Die gang het 'n linnekas.

Uit die gang is die aparte toilet en 'n volledige badkamer met stort, bad en wasbak.

Die kamers is ruim met ingeboude kaste. Vele kaste begroet jou in die hoofslaapkamer en die en-suite badkamer is vars oorgedoen met bad,stort ,wasbak en toilet.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis met pakkamer en buitetoilet.
'n Grasdaklapa met braai beloof heerlike buitekuiers.

Die huis is in 'n goeie area geleë met hoë prysklas huise in die buurt.

Moenie hierdie geleentheid mis nie. Kontak my vir besigtiging.

Ons by 3%.com Properties Niel Voges (Ing) bied aan ons kopers 'n fantastiese diens met Multinet.
Gratis Pre-kwalifikasies gee gemoedsrus aan ons kopers en dan help Multinet ook gratis met die kry van finansierings kwotasies by alle bankinstansies om te verseker dat die beste rentekoers beding word.

Features

Bedrooms 4
Bathrooms 3
Recep. Rooms 3
Study 1
Floor Size 210m²
Garages 1
Land Size 2,464m²
Carports/Parkings 1
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Mariette Jansen van Rensburg
Kimberley, Jan Kempdorp & Hartswater

Cell 084 400 2508
Office (053) 8328028
WhatsApp Me

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy